RK Primêr hou sportdag

Saterdag 7 November was ’n dag gevul met sport met die doel om geld vir RK Primêr in te samel.


Saterdag 7 November was ’n dag gevul met sport met die doel om geld vir RK Primêr in te samel.

En volgens skoolhoof Philip Noble was die dag ’n groot sukses.

Die geldinsamelingsgeleentheid het ’n unieke doelwit: nie net word daar op die rugbyveld en netbalbaan meegeding nie, maar leerders wys ook hul staal in tradisionele spele soos toutrek. Daar was ook ’n optrede deur die skool se trompoppies.

“Ons was verbaas dat so baie ouers, vriende en kinders opgedaag het om ons te kom ondersteun,” vertel Noble.

Hy kon egter, teen druktyd, nie bevestig hoeveel geld die skool ingesamel het nie. “Die geld gaan gebruik word vir al die algemene dingetjies by die skool, soos instandhouding van die skoolgebou.”

Die Worcester Community Marching Band met hul feestelike klanke het ook aan die geldinsamelingsdag deelgeneem.

“Ons wil almal bedank vir hul ondersteuning, tyd en moeite. Volgende jaar gaan ons groter en beter,” voeg Noble by.

You need to be Logged In to leave a comment.