Dit was alles wat ‘n mens van ‘n lenteskou wil hê – ‘n mallemeule, die heerlike reuk van kos in die lug en ‘n propvol program.
Roberston se Lenteskou is Saterdag (11 Oktober) gehou. Dit is die tweede grootste opelug-perdeskou in Suid-Afrika.
Benewens die perde, was daar ‘n boerbokkompetisie, ‘n demonstrasie deur die honde-eenheid van die Overberg-lugmagbasis, ‘n babakompetisie, ‘n uitstalling van kinderkuns en optredes deur gewilde sangers en musikante.





