Adelie (Ludik) Uys, bekend vir haar insette op RSG in die program Brêkfis met Derrich elke Saterdagoggend om 07:30, gaan op Worcester kom kuier.
Dié trotse Gimmie het in 2007 by Worcester Gimnasium gematrikuleer.
Drie jaar gelede het sy, in samewerking met die Institute for Culinary Art, betrokke geraak by Derrich Gardner se ontbytprogram op Saterdagoggende.
Haar insette het so gewild begin raak dat daar besluit is om ’n Afrikaanse ontbyt-resepteboek uit te gee: Brekfis met Derrich en Adelie. Dit was deel van ’n baie suksesvolle projek van finalejaarstudente wat spesialiseer in Media en Kos.
Adelie kom terug op Saterdag 14 November terug na haar alma mater waar sy betrokke gaan wees by ’n laat ontbyt (10:00) by Doc’s Bistro by Worcester Gimnasium.
Sy sal betrokke wees by die voorbereiding van die ontbyt en sal haar gebruiklike insetsel vir RSG regstreeks uitsaai vanaf die skool en sal ook ’n praatjie lewer by die geleentheid. Van die resepteboeke sal te koop aangebied word wat Adelie self sal teken.
Kaartjies is beskikbaar by die skool se sekretaresse. Belangstellendes word aangeraai om hul kaartjie vroegtydig te kry aangesien daar slegs beperkte aantal plekke beskikbaar is.