Altesaam 50 koerante is by die Overhex Primêre Skool uitgedeel. Die leerders het sommer dadelik in die Standard begin lees. Saam met die leerders is lede van die Overhex-rugbyklub. Foto: Denique Smith


Overhex Primêre Skool het verlede Donderdag borgkoerante as deel van Standard se lees-en-leerprojek ontvang.

Die Overhex-rugbyklub borg 200 koerante aan dié skool. Die projek sal oor vier weke strek en elke week sal daar 50 koerante by die skool uitgedeel word.

Die kinders was baie opgewonde oor die koerante wat hulle ontvang het.

You need to be Logged In to leave a comment.