Ruim en gerieflik

Die huis van die week is ’n netjiese, ruim en besonderse familiewoning met geriewe om van te droom. Daar is selfs plek vir Ouma en Oupa of andersins ’n woonstel om te verhuur vir addisionele inkomste. Die eiendom bied vier ruim slaapkamers met ingebo


Die huis van die week is ’n netjiese, ruim en besonderse familiewoning met geriewe om van te droom. Daar is selfs plek vir Ouma en Oupa of andersins ’n woonstel om te verhuur vir addisionele inkomste. Die eiendom bied vier ruim slaapkamers met ingeboude kaste en die hoofslaapkamer het sy eie ruim badkamer met stort, wasbak, bad en toilet. Die kombuis is ’n heerlike gesellige kuierkombuis met baie ekstra stoorplek.

Die televisiekamer leef uit op ’n onderdakstoep, waarvan die louvre-dak kan oop of toe om son en lig in te laat. Die soutswembad is naby die aparte onthaal- of braaikamer met eie lugversorger geleë en maak hierdie eiendom ideaal vir die gesin wat lief is vir onthaal.

Die meeste van die vertrekke het groot vensters en laat baie natuurlike lig binne. Die eiendom bied goeie sekuriteit met diefwering en veiligheidshekke en ook ’n omheinde erf met gemotoriseerde hekke.

Daar is buiten die motorhuis ook veilige parkeerruimte vir tot vier motors.

Indien u op soek is na ruimte en die regte adres, maak vandag nog ’n afspraak om hierdie voortreflike eiendom te besigtig. Kontak Elmarie by Seeff Eiendomme by 023 344 3291.

You need to be Logged In to leave a comment.