Uitsluitlik by Seeff Eiendomme is ’n stewige gesinswoning met vier ruim slaapkamers, almal met ingeboude kaste.
Die hoofslaapkamer het sy eie en suite-badkamer met stort, wasbak en toilet. Daar is ook ’n volledige badkamer en gastetoilet. Die leefvertrekke vloei vanuit die voorportaal en leef uit na die tuin. Die binnebraai is gerieflik vir koue wintersaande, terwyl die formele sit- en eetkamer gerieflik by mekaar aansluit.
Die swembad is privaat op die erf geleë. Die eiendom is omhein en het diefwering en veiligheidshekke waar nodig. Navrae: Gideon Bruwer by 072 3674 502 of by 023 344 3291.