Ruim huis naby skole – slegs by Seeff

Seeff stel hierdie week ’n netjiese vier-slaapkamerwoning bekend in ’n stil deel van Lange­rug wat lekker naby skole geleë is.


Seeff stel hierdie week ’n netjiese vier-slaapkamerwoning bekend in ’n stil deel van Lange­rug wat lekker naby skole geleë is.

Die woning het aparte leefruimtes en die studeerkamer en vier slaapkamers het baie ingeboude kaste. Die kombuis het ’n ingeboude stoof en oond, met ’n aparte opwaskamer met koppelings vir ’n wasmasjien en skottelgoedwasser.

Een leefvertrek, met ’n kaggel, sluit met skuifdeure aan by ’n groot onderdak-patio met ’n ingeboude braai, reg langs ’n geboude swembad. Die huis beskik ook oor ’n aparte sitkamer en eetkamer en vier lugversorgers.

Buiten vir die hoofslaapkamer se en suite-badkamer met bad en stort, is die tweede badkamer so beplan dat dit direk aansluit by een kamer of vanuit die gang kan aansluit by die ander twee kamers.

Hierdie goed geboude huis bied voorts ’n dubbelmotorhuis met outomatiese deure en parkeerplek vir nog ’n paar voertuie.

’n Besliste bonus by die eiendom is ’n sterk kragopwekker wat die huis ten volle kan bedien tydens kragonderbrekings.

Kontak vandag nog vir Pieter van Zyl by 0 082 575 9862 of 2 pieter.vanzyl@seeff.com, of Seeff Worcester by 0 023 344 3291 om ’n afspraak te reël of vir meer besonderhede.

You need to be Logged In to leave a comment.