Hierdie week se toonhuis is geleë in die gewilde woonbuurt Langerug.

Die netjiese eiendom wat goed onderhou is, bestaan uit vier slaapkamers en drie badkamers. Die ruim leefareas bied mooi afwerkings en kry ook baie natuurlike lig. Die hoofslaapkamer het ’n ruim instapkas en ’n en suite-badkamer met ’n spa-bad.

Daar is ook direkte toegang uit dié kamer tot ’n pragtige privaat tuintjie en ook die swembad.

Die netjiese kombuis sluit aan by die oopplan-leefvertrekke en het ’n aparte opwasgedeelte. Daar is ook direkte toegang vanuit die dubbelmotorhuis tot in die huis vir gerief en veiligheid.

Die eiendom is ook omhein en gebou op ’n hoekerf. Dit is gerieflik naby skole geleë en slegs minute weg van Worcester se gewilde inkopiesentrum.

Kontak Elmarie by Seeff Eiendomme by 082 663 5010 of 023 344 3291 vir nadere besonderhede.

You need to be Logged In to leave a comment.