Ruim woonhuis in Van Riebeeckpark

Hierdie eiendom is ’n nuwe vrystelling in die gewilde Van Riebeeckpark-woonbuurt. Die gerieflike woonhuis bied drie besonder ruim slaapkamers met ingeboude kaste. Die ouwêreldse breë gang lei na die netjiese kombuis met kaste met ’n graniet-oppervlak en pakplek om van te droom. Twee leefvertrekke, waarvan een ’n heerlike, sonnige vertrek is wat uitleef op die…


Hierdie eiendom is ’n nuwe vrystelling in die gewilde Van Riebeeckpark-woonbuurt.

Die gerieflike woonhuis bied drie besonder ruim slaapkamers met ingeboude kaste. Die ouwêreldse breë gang lei na die netjiese kombuis met kaste met ’n graniet-oppervlak en pakplek om van te droom.

Twee leefvertrekke, waarvan een ’n heerlike, sonnige vertrek is wat uitleef op die besonder goed versorgde tuin, sluit ook aan by die eetkamer en meer formele leefarea. Daar is ook ’n gaste-, studeer- of werkkamer met ’n toilet, wasbak en stort.

Die wasgoedkamer sluit gerieflik aan by die kombuis, onderdak braai en kuier-area. Die dubbelmotorhuis het ook direkte toegang tot die huis en het gemotoriseerde deure.

Die erf is veilig omhein met ’n outomatiese skuifhek. Alle buitedeure het veiligheidshekke en vensters het diefwering.

Dit is werklik ’n netjiese woning, geskik vir die kieskeurige koper. Vir meer inligting skakel Elmarie van Seeff Eiendomme by 023 344 3291

You need to be Logged In to leave a comment.