Agter is Erno Wepener en Madeline Kriel (onderwysers aan die Pionierskool vir Siggestremdes), wat die leerders begelei en ondersteun het. Voor staan (van links) Walter Pienaar, Jaco Kriel, Danelize Venter en Kiana Reynecke.

Die Nasionale Jeuglandboukampioenskap bied ‘n uitsonderlike geleentheid aan jongmense van oor die land heen vir blootstelling aan die wêreld van landbou.

Pionierskool vir Siggestremdes was bevoorreg om daar te kon wees. Vier leerders van dié skool – Kiana Reynecke, Danelize Venter, Walter Pienaar en Jaco Kriel – het hul skool in die vakansie as deel van die Westelike Provinsie-span trots gemaak by die kampioenskap, wat in Upington gehou is.

Walter het ‘n tweede plek in die suiwelbereidingsafdeling vir juniors as skouman behaal en in die algehele vierde plek in die afdeling geëindig. Jaco het die eerste plek in die Junior suiwelbereidingsafdeling vir skouman verwerf. Hy is ook as die algehele wenner in dié afdeling aangewys.

Kiana en Danelize het albei in die konynafdeling vir juniors deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.