Om hardop te lees verbeter begrip.
Dít was een van die kernboodskappe met Standard se besoek aan skole op Wêreld-hardopleesdag wat Vrydag 1 Februarie gehou is.
“Gedrukte media soos tydskrifte en koerante speel ook ’n belangrike rol as deel daarvan om leesvermoë te verbeter en terselfdertyd jou denkwyse oor die wêreld te verbreed,” het Juliette Kotze, Standard se verkoopverteenwoordiger, aan die leerders verduidelik.
Standard-verkoopsbestuurder, Ashley Dreyden, het ander voordele van om hardop te lees aan die leerders beklemtoon. “Hardop lees help dat jy die inhoud beter verstaan, sodoende kan jy jou begripstoets met gemak slaag. As jy goed kan lees, lê daar ’n wêreld van sukses voor op universiteit en in jou toekomstige loopbaan,” het hy bygevoeg.