Leerlinge van die Primêre Skool Worcester en Laerskool Worcester-Oos leef hul talente uit en presteer op verskeie terreine.

Die leerlinge en personeel van Laerskool Worcester-Oos was baie opgewonde om ‘n bekende oud-Oosie verlede week te verwelkom. Die deurwinterde akteur Frank Opperman, het ‘n draai by die skool gemaak vir ‘n dokumentêr oor sy lewe, wat sy seun Frankie, besig is om te maak. Nie net het Opperman sy laerskoolloopbaan hier voltooi nie, maar sy ma was ook ‘n onderwyseres by die skool. Op die foto is die skoolhoof, Renee van der Riet, saam met Opperman.

Edith Steyn, Dené Rautenbach, Isabella Theron en Zari Otto van Laerskool Worcester-Oos is gekies is om die Wes-Kaap by die nasionale Landsdienskamp te verteenwoordig. Lenike Beyers, Nicholai White en Alex Lakey is as reserwes aangewys.

Mialé en Klári Crous van Laerskool Worcester-Oos het hul Westelike Provinsie-kleure vir dans verwerf. Hierdie twee danseresse van die Danique Fullard Dance Academy het op Maandag 21 Julie deelgeneem aan die semi-finale van die Suid Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste. Hulle gaan in Oktober aan die SA-Kampioenskappe in Rustenburg deelneem. Hulle het in die 8 tot 10-jaar ouderdomsgroep deelgeneem.

Viljoen Hugo, ‘n gr. 5-leerling aan Laerskool Worcester-Oos, het die afgelope naweek aan die TSA Ethekwini Coke GrandPrix-tennistoernooi in Durban deelgeneem. Van die beste spelers in die land van o.12- tot senior-vlak het meegeding. Viljoen het 27ste in die kompeterende o.12-afdeling geëindig in die enkels en hy en sy dubbelsmaat het tot in die kwarteindrondte van die dubbels gevorder.

Cali Jacobs (tweede van links) het die afgelope week die Kaapse Wynland verteenwoordig by die Wes-Kaap Interdistrikte-netbaltoernooi in Riversdal. Haar span het ‘n algehele derde plek tydens die toernooi behaal.

Die Primêre Skool Worcester se o.13-rugbyspelers het die afgelope naweek aan Laerskool Park se sewes-rugbytoernooi in Mosselbaai deelgeneem. Die A-span het silwer medaljes in die A-afdeling gewen. Hulle is Eltino Edons, Liam de Wet, Piet Vermeulen, Juanrique le Roux, Kosie Naudé en Allen Basson. Philip Viljoen was afwesig met die neem van die foto. Foto’s: verskaf

‘n Groep leerlinge van die Primêre Skool Worcester het op Saterdag 21 Julie die medaljes ingeoes in die junior-afdeling van ‘n karate-kompetisie. Agter staan Jordan Sieckers (Kata – goud, Kumite – goud), Christiaan du Preez (Kata – brons, Kumite – brons), Eli Booysen (Kata – brons, Kumite – brons), Amelia Pretorius (Kata – silwer, Kumite – goud) en Minki Viljoen (Kata – goud, Kumite – brons). Voor is Karlien Nieuwoudt (Kata – brons, Kumite – silwer), Emilia Davids (Kata – brons, Kumite – silwer), Christiaan van Rooyen (Kata – silwer, Fighting – goud), Isabella Freeman (Kata – goud, Kumite – goud) en Dylan Coetzee (Kata – goud, Kumite – brons).

Die B-span van die Primêre Skool Worcester se o.13-rugbyspelers, het met goud weggestap en die B-afdeling se beker huis toe gebring tydens die Laerskool Park se sewes-rugbytoernooi in Mosselbaai die afgelope naweek. Agter staan Riaan Hattingh, Granville Pienaar, Reghardt Esterhuyse, Don-Rick Hoker en Lulibo Sigwela. Voor is
Hagen de Wee, Connor Baxter en Christiaan Hugo.

WPS se senior karatekas het net so goed presteer en trots medaljes huis toe gebring. AGter staan Taheer Kafaar (Kata – goud), Luke Strydom (Fighting – goud), Juan Tait (Kata – silwer, Kumite – silwer) en Marinus Langeveld (Kata – brons, Fighting – goud). Voor is Vida Hanekom (Unison Kata – brons, Kata – brons), Kian du Plessis (Kata – brons, Kumite – brons), Lincoln Arries (Kata – silwer, Kumite – goud) en Neil Viljoen (Kata – silwer, Kumite – silwer).

Drie van Primêre Skool Worcester se rugbyspelers wat deel is van die Boland Akademiespan, het tydens die eerste week van die Junie-vakansie aan die Akademieweek in Oos-Londen deelgeneem. Hulle het vier wedstryde gespeel en eindig in die finaal waar hulle WP 23-14 wen. Hulle word dus as wenners van die Akademieweek aangewys. Reghardt Esterhuyse is aangewys is as kaptein van die span. Op die foto is Reghardt Esterhuyse, Allen Basson en Piet Vermeulen.

You need to be Logged In to leave a comment.