Skool gaan elke jaar van krag tot krag

Vir die eerste keer in Worcester Moslem Primêr se geskiedenis spog die skool nou met twee gr. 1-klaskamers.


Vir die eerste keer in Worcester Moslem Primêr se geskiedenis spog die skool nou met twee gr. 1-klaskamers.

Die skoolhoof, Fuad Ismail, sê hy is opgewonde oor dié nuwe toevoeging. “Dit was een van my visies vir die skool om elke jaar ’n ekstra klas te hê,” sê Ismail.

Die skool het in 2017 by die Wes-Kaapse onderwysdepartement aansoek gedoen om kurrikulum-uitbreiding. Hulle kon voorheen slegs 37 gr. 1-leerders akkommodeer. Vanjaar is daar altesaam 57 gr. 1-leerders by die skool.

“Vir die volgende ses jaar sal daar elke jaar ’n toevoeging wees van ’n nuwe klaskamer totdat daar twee klaskamers is tot gr. 7,” sê Ismail.

Ismail sê vandat hy in 2013 by die skool as hoof aangesluit het, kan hy reeds die aansienlike groei sien. Daar is nou altesaam 347 leerders.

Volgens Ismail word die bou van die klaskamers deur skenkings moontlik gemaak.

Die skool is in 1928 gestig. ’n Ou huis in Durbanstraat is omskep in ’n skool wat hoofsaaklik sou dien vir die onderrig van Moslem-kinders in Worcester.

You need to be Logged In to leave a comment.