Foto links: Dié drie leerders was deel van die produksie. Van links is Seaton du Plessis, Wilmarie McThomas en Marion Goeda.Foto:


Worcester Sekondêr het in Augustus aan die jaarlikse dramafees by Kunstekaap deelgeneem. Leerders van die skool neem jaarliks aan dié fees deel.

Natasha Africa, die drama-onderwy­seres, het die produksie Troubled Beginnings geskryf en die regie behartig. Dit handel oor twee susters wat ’n nuwe begin in ’n woonbuurt maak waar een van die uitdagings mense­handel is.

Altesaam agt leerders Saroney Vaughan, Caitlyn Visagie, Marowaan Alwyl, Allistair Williams, Ethan Nonnies, Marion Goeda, Wilmarie McThomas en Seaton du Plessis was deel van die produksie.

Vir die produksie was daar drie benoemings. Seaton is vir die beste ondersteunende akteur vir sy rol as Sollie/Sersant benoem.

Marion is benoem vir beste ondersteunende aktrise vir haar rol as Mavis en Wilmarie vir beste ondersteunende aktrise vir haar rol as Melany.

Wilmarie het ook die toekenning vir beste ondersteunende aktrise by die dramafees ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.