HTS Drostdy se leerders het goed by die Wes-Kaapse onderwysdepartement se provinsiale vaardigheidskompetisie presteer.
Dié kompetisie is by die skool aangebied. Leerders het in die volgende afdelings teen mekaar meegeding: siviele tegnologie, konstruksie en houtbewerking, meganiese tegnologie en sweiswerk, elektriese tegnologie, kragstelsels en ontwerp en verbruikerstudies/gasvryheidstudies.
Dié kompetisie word as die Olimpiese Spele van vaardigheid beskryf.
Die skool het eerste plekke in die afdelings houtbewerking en gasvryheidstudies behaal.
In elektronika behaal Mikhail Hussein en Wian Mostert ’n derde plek en in sweis behaal Johannes Smuts ook ’n derde plek. Kyle Rademeyer en Zandré Malherbe het ’n eerste plek in houtbewerking met hul ontbytskinkbord behaal.


