Dit was ‘n fees van koormusiek die afgelope tyd met die Worcester Skolemusiekvereniging se jaarlikse skolemusiekfees wat vandeesweek by die Esselenpark Primêre Skool plaasgevind het. Die gehoor was behoorlik bekoor deur die sestien skoolkore se sang. Daar het ook vier gaskore opgetree.
Dié jaarlikse instelling raak ál gewilder met die jong stemme wat op indrukwekkende wyse wys waarnatoe hulle in staat is.
Hier is ‘n voorsmakie van wat die aande opgelewer het toe die kore van Hexpark Primêr en Esselenpark Primêre Skool die verhoog gevat het.
Die Worcester Eisteddfod-koorfees het ook op 28 Augustus plaasgevind. ‘n Verrassing het op die gehoor gewag toe Worcester Gimnasium se skoolkoor saam met die koor van HTS Drostdy opgetree het met beide dirigente wat leiding gee. Hulle het die ATKV se voorgeskrewe liedjie, Dinge Wat Tieners Haat, gesing.



