Property Sell Direct is trots daarop om hierdie week ’n woonhuis met hope potensiaal in Worcester-Wes aan die publiek bekend te stel.
Hierdie besonderse eiendom bied ’n oopplan-leefarea wat gemaklik uitvloei op die groot, goed versorgde agterplaas. ’n Ruim eetkamer bied bykomende gerief en die netjiese kombuis spog met genoeg kaste en slim ontwerpte aparte opwasplek wat ook ruimte vir ’n wasmasjien bied.
Twee ruim slaapkamers, elk met ingeboude kaste, asook ’n volledige badkamer bied die ruimte waarna jou gesin verlang. Die slaapkamers en leefarea front noord en die lieflike berguitsig met die belofte van ’n lekker wintersonnetjie in Worcester se koue wintermaande maak hierdie huis ’n besondere belegging in jou gesin se welsyn. Die eiendom is goed onderhou en die uitstekende toestand maak hierdie die ideale huis vir intrek en bly.
Die eiendom spog met ’n ruim dubbelmotorhuis en ’n groot afdak. Die motorhuis met sy ingeboude braai en groot vensters aan die noordekant bied direkte toegang tot die woonkamer en dit kan maklik as ’n bykomende leefarea ingerig word.
Die ruim hoekerf van bykans 1 170m² is gedeeltelik omhein en bied ’n veilige ruimte vir inwoners om te speel en te ontspan. Die erf bied ook genoeg ruimte vir verdere ontwikkeling en uitbreiding sonder om lewensgehalte in te boet. Kom beleef die rustigheid van Worcester-Wes in hierdie besondere eiendom met hope potensiaal.
Hierdie is die ideale geleentheid om ’n bekostigbare eiendom in een van Worcester se gewildste familiewoonbuurte te bekom. Veelsydige eiendomme soos hierdie kom selde in die mark en teen R875 000 is hierdie die slim koper se geleentheid om ’n huis met uitstekende toekomsmoontlikhede te bekom. Skakel Property Sell Direct vandag by 072 388 1445 om jou droomhuis te besigtig of stuur e-pos na info@propertyselldirect.co.za. PSD se kundige span is slaggereed om kopers met raad en daad by te staan.