Die kleuters van die verskeie dagsorgsentrums het baie pret op die sportdag gehad en aan verskeie resies deelgeneem.


Kleuters van altesaam vier dagsorg­sentrums in Worcester het onlangs hul staal by ’n sportdag gewys en ouers en ander toeskouers het die koue getrotseer om hul kleuters te ondersteun. Die kleuterskole wat deelgeneem het, is Leatitia-, Heavenly Toddlers-, Kolwyntjies en Dolfyntjies- en Mother of Many-dagsorg.

Die geleentheid is met ’n trompoppievertoning en sang geopen.

Die skoolhoof van Leatitia-dagsorg, Leatitia Snyman, sê die doel van die dag was om dagsorgsentrums aan te moedig om saam te werk en idees uit te ruil.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article