Spar, ‘Standard’ help lees en leer

Personeel van SPAR Q Square en KWIKSPAR Breedevallei het verlede Donderdag koerante by verskeie skole gaan aflewer as deel van die Standard se lees- en leerprogram.


Personeel van SPAR Q Square en KWIKSPAR Breedevallei het verlede Donderdag koerante by verskeie skole gaan aflewer as deel van die Standard se lees- en leerprogram.

Die program is daarop gemik om koerante in klaskamers beskikbaar te stel om leesvaardighede en die ontwikkeling van algemene kennis onder skoolkinders te bevorder.

Johan van der Watt sê hulle het op De Tuinen, Worcester Moslem, Worcester RK en Worcester NGK Oefen Primêre Skole besluit omdat al vier skole reeds deel is van die Share the Goodness-projek en ’n goeie werkverhouding met SPAR gebou het.

“Ons was al ’n paar keer besoekers by die skole en ons is elke keer geraak deur die ongelooflike werk wat die onderwysers doen. Dit is net ’n voorreg om met hulle te kan saamwerk,” beklemtoon Van der Watt.

You need to be Logged In to leave a comment.