Die Hoërskool Waveren op Tulbagh voel besonder trots op Robin Majodina, Algar August en Anele Ndabeni wat onlangs hul skool op hoër vlak verteenwoordig het met sport.
Robin Majodina het aan die Witzenberg-radiostasie se rugbykampioenskap op Ceres deelgeneem en was ook die kaptein van die o.19-rugbyspan. Hy was die skool se enigste speler wat in Bloemfontein gaan toer het en teen die Vrystaat se Cheetahs sewesrugby gespeel het.
Algar August is opgeneem in die Bolandse o.15-ontwikkelingspan waar hy in die Carfind.co.za Legends Iqhawe Week deelgeneem het.
Anele Ndabeni het weer op atletiekgebied aan die Witzenberg-atletiekklub op Ceres deelgeneem waar hy ’n silwermedalje verdien het met sy 22ste plek uit 400 deelnemers in die 10km-wedloop.