St Elmo’s steeds pizzakoning

Jy sal St Elmo’s Worcester vind in die pragtig opgegradeerde Q-Square. Die winkel front aan Hoogstraat. Hier word die heerlikste pizzas en pastas in houtoonde gebak vir die outentieke smaak van St Elmo’s. Jy kan kies of jy jou pizza op ’n dun, ekstra dun of dik basis wil hê. Alle pastas word vars voorberei…


Jy sal St Elmo’s Worcester vind in die pragtig opgegradeerde Q-Square. Die winkel front aan Hoogstraat.

Hier word die heerlikste pizzas en pastas in houtoonde gebak vir die outentieke smaak van St Elmo’s.

Jy kan kies of jy jou pizza op ’n dun, ekstra dun of dik basis wil hê. Alle pastas word vars voorberei en jy kan kies of jy dit met kaas bo-op wil laat bak in die houtoond.

Gratis aflewering word gedoen binne 3 km van die winkel.

Op versoek sal ’n draagbare kaartmasjien saamgebring word om jou aankoop in die veiligheid van jou huis af te handel.

Dowes kan SMS indien hulle kos wil laat aflewer; slegs dowes kan SMS na 082 827 7509.

Daar is ook ’n Braille-spyskaart beskikbaar in die winkel om bestellings makliker te maak vir siggestremdes.

St Elmo’s is oop wanneer daar beurtkrag is, aangesien alles deur middel van hout gaargemaak word

You need to be Logged In to leave a comment.