Herchelle Manuel, ’n leerder aan Steenvliet Primêr in Touwsrivier, het by die SA landloopkampioenskap in Mpumalanga ’n goue medalje verower. Hy is ook die Bolandse en Wes-Kaapse kampioen in sy ouderdomsgroep. Manuel is verder aangewys as die beste atleet in sy ouderdomsgroep. Hy was dié jaar onoorwonne en het eerste in al sy wedlope gekom. By hom staan sy afrigter Philda Jacobs (regs) en Peter Jafhta (skoolbestuurder).