Twee oudleerders van NGK Oefenskool het hul alma mater besoek.
Cheswyn Ruiters, wat die eerste reeks van Maak My Famous gewen het, het die leerders by die skool verras. Hy het die leerders gemotiveer en almal met sy besonderse sangtalent in vervoering gehad.
Die vrouepersoneel is later aangenaam verras met ’n besoek van Nuraan Adams, ’n semifinalis in die Mev. Suid-Afrika 2019-kompetisie. Nuraan het almal met haar lewensverhaal asook die verhaal van haar sukses nuwe moed gegee.