Die jaarlikse inhuldigingsdinee van die Worcesterse Tafelronde is Saterdagaand 25 Februarie by die Kliplapa gehou. Die nuwe raad vir 2023 is: Van links, voor: Werner Janse van Rensburg (ondervoorsitter), PW van Zyl (voorsitter) en Pieter Marais (konstitusionele raadgewer). Agter: Wiehann van Tonder (store), Dawie Bester (skakelbeampte), Francois Conradie (tesourier), Dirkie Coetzee (sosiale sameroeper) en FC Claassen (sekretaris). Janse van Rensburg is as die Tafelaar van die Jaar vir 2022 aangewys. Hy was ’n Follies-sameroeper, het twee nuwe lede ingebring en 91% van die vergaderings en al die sosiale geleenthede bygewoon.Foto’s: Ken McIntyre


Lede van Tafelronde moet op die ouderdom van 40 jaar uit die organisasie tree. Daarna kan hulle lede word van die 41’s. Onder die 41’s by die inhuldigingsdinee is van links Riël Badenhorst, AC Goodger, Johan von Mollendorff, Herman Bester (uittredende voorsitter), Jaco Krouwkam (voorsitter van 41’s vir 2023) en Vian Bester. Badenhorst en Krouwkam het die Voorsitter toekennings ontvang vir hul bydrae in 2022. Badenhorst het vrywilliglik ingestaan as tesourier en was ’n sameroeper van Follies, die gholfdag en rugbydag. Krouwkam was ’n Follies sameroeper.

You need to be Logged In to leave a comment.