Worcester se Tafelronde 68 het weer vanjaar sy gewilde geldinsamelings­projek – Follies – aangebied.

Dit bly tradisioneel ’n hoogtepunt op die sosiale kalender van die Breedevallei en ’n suksesvolle poging om geld in te samel vir die Tafelronde se omvattende liefdadigheidsprojekte.

Hierdie jaarlikse fopdossersvertoning lok gemeenskapslede van alle ouderdomme.

Die voorsitterspaar, PW en Elsa van Zyl, sowel as die sameroepers, Herman en Cathlene la Grange, Daniël en Chantal Roothman en Dawie en Stessie Bester, is dankbaar vir die harde werk van die Tafelaars en hul eggenote.

Hierdie toewyding en samewerking het gewis tot die sukses van die jongste Follies-konsert bygedra.

Salomien Smal van Of the Earth Photography het die foto’s by vanjaar se vertoning geneem.

You need to be Logged In to leave a comment.