Tineke Swanepoel, die 2019-matriekklas se topleerder aan die Worcester Gimnasium, het die Marks Wurwand-prys ontvang. Dié eerbewys behels ’n bedrag van $5 000 (ongeveer R72 000) van Raymond Wurwand, ’n oudleerder aan Worcester Boys’ High en stigter van Dermalogica. Hy het die prys ter herinnering aan sy vader, Marks Wurwand, ’n bekende oudsakeman en ook ’n oud-leerder, vir leerders beskikbaar gestel om sodoende weer terug te ploeg in die gemeenskap van Worcester. Om hierdie prys te ontvang, word gekyk na die leerder se laaste wiskundepunt. Tineke behaal die hoogste wiskundepunt in gr. 12, algehele akademiese punt, deelname aan wiskunde-aktiwiteite soos olimpiades asook deelname aan ander skoolaktiwiteite. Die studie- en beroepsrigting van die leerder speel ook ’n rol. Charl Schoeman (skoolhoof) en Ian Claassens (oudskolierebond) wens Tineke geluk met dié prestasie. Foto:


Tineke word beloon vir haar harde werk

You need to be Logged In to leave a comment.