Top-argitekte

Terence Harker Argitektuur in Durbanstraat, Worcester, bied flinke en professionele diens aan al hul kliënte.


Terence Harker Argitektuur in Durbanstraat, Worcester, bied flinke en professionele diens aan al hul kliënte.

Hierdie sakeonderneming het 20 jaar terug sy deure vir die publiek geopen en groei elke jaar van krag tot krag.

Die onderneming bied ’n verskeidenheid dienste aan kliënte, van argitektuur tot boukunde en ander verwante bedrywighede.

Hul diensverskaffing strek landwyd. “Met meer as 30 jaar ondervinding in argitektuur en die boubedryf, bied ons flinke en professionele diens. Ons strewe om ’n bekostigbare diens te lewer aan almal – dit is ons visie en missie,” sê eienaar Terence Harker.

Terence Harker Argitektuur is weeksdae van 08:00 tot 17:00 oop. Maak gerus ’n draai by die kantoor, te Durbanstraat, vir al jou argitektuur- en boukunde-benodigdhede.

Vir meer inligting, nader hulle by 0 023 342 5123, 0 082 423 3423 of 2 tpharker@­absamail.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.