Jemeal Abrahams, een van De Kruine Sekondêre Skool se topleerders. Foto:


Janie Fourie en Jemeal Abrahams deel die titel van De Kruine Sekondêre Skool se topleerder.

Hulle het altwee ’n punt van 63,7% in hul eindeksamen behaal.

Abrahams meen dit was vir hom moeilik aan die begin van die nasionale inperking, maar hy sê ook dit het later aan makliker begin raak.

“Die jaar het maar anders begin en ons kon nie eens ’n matriekafskeid hou nie. Ons almal het uitgesien na ons matriekjaar, en het beslis nie so ’n tipe jaar verwag nie. Maar om dit deur te maak het ek net myself gemotiveer en ook tyd met vriende spandeer om te studeer vir die eksamen en om net te ontspan.”

Jemeal Abrahams
Jemeal Abrahams, een van De Kruine Sekondêre Skool se topleerders. Foto:

Hy beplan om onderwys te swot en wou nog altyd hierdie loopbaan volg.

“Dis lekker om te leer, en om ander te help leer.”

Janie Fourie, die ander topmatriekleerder by die skool, sê sy het dit glad nie verwag om die nommereenplek te beklee nie.

“Ek was baie geskok. Daar was baie kompetisie, minstens vier mense wat meegeding het vir hierdie posisie. Alhoewel my punte nie was soos ek dit wou hê nie.”

In die aanloop na die uitslae sê Fourie haar emosies was 50/50 verdeel tussen senuwees en opgewondenheid.

Sy meen die nasionale inperking verlede jaar het haar akademies benadeel, maar is terselfdertyd dankbaar teenoor die Wes-Kaapse onderwysdepartement vir al die hulpbronne wat hulle deur die jaar aan leerders beskikbaargestel het.

Sy werk tans by die Touwsrivier-toerismekantoor, maar beplan om hierdie jaar projekbestuur te studeer.

Janie Fourie
Janie Fourie deel die top plek met Jemeal Abrahams. Foto:

“Ek hou van dinge organiseer, en om met mense te werk, en daar’s altyd ’n aanvraag in hierdie industrie.”

You need to be Logged In to leave a comment.