Toutrekkers van Worcester Gimnasium het onlangs talle medaljes by die klub- en Wes-Kaapse kampioenskap verwerf. Ané Snyman het ’n silwermedalje in die klubkampioenskap en silwer in die Wes-Kaapse kampioenskap gewen. Dylan Kruger het ’n bronsmedalje in die klubkampioenskap en silwer in die Wes-Kaapse kampioenskap verower. Yolanda van Deventer het ’n silwermedalje in die klubkampioenskap en silwer- en bronsmedaljes in die Wes-Kaapse kampioenskap verdien. Ronaldo Camacho het silwer en brons in die klubkampioenskap asook brons en silwer in die Wes-Kaapse kampioenskap verower. Van links is Ané Snyman, Morné Visser (afrigter), Dylan Kruger, Ronaldo Camacho en Yolande van Deventer.


Toutrekkers presteer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article