Twee leerders van Hexrivier Opvoedkundige Sentrum het Vrydag 16 Augustus aan die Wes-Kaap-tuimelkampioenskap deelgeneem. Cara-Mia Nel (vlak 7, meisies 9-10 jaar) en Schalk Minnie (vlak 4, seuns 9-10 jaar) het albei eerste plekke behaal en is gekies om die Wes-Kaap in die SA Spele in Kaapstad te verteenwoordig.