Twee inwoners van Tulbagh hou die dorp se naam hoog. Keene Galant, ’n gr. 11-leerder aan HTS Drostdy, het die skoolvakansie van Maandag 1 tot Vrydag 5 Julie aan die Cravenweek in Bloemfontein deelgeneem. Galant het op heelagter asook ander posisies, waaronder senter en vleuel, uitgedraf. Dillon Demas (regs) sportonderwyser by Hoërskool Tulbagh, is gekies as die agterlynafrigter van vanjaar se o.16-Grant Khomo-span wat van 24 tot 28 Junie in Mpumalanga gespeel het.


Tulbaghers hou naam hoog

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article