Eerw. Anthony Jacobs het sy outobiografie, Voetspore in die Sand van Tyd, Sondag 11 Mei bekend gestel.
Eerw. Anthony Jacobs het sy outobiografie, Voetspore in die Sand van Tyd, Sondag 11 Mei bekend gestel.

Ds. Abe Jeftha, die stigter van die Kerk van Hoop, se boek Sonde en Vloeke oor Generasies bied Bybelse oplossings om geestelik vry te word.

Ds. Jeftha beskryf die boek as ‘n reddingsboei vir gesinne wat herhalende uitdagings in die gesig staar, soos finansiële onstabiliteit, verslawing, verhoudingsprobleme of emosionele wonde wat deur geslagte heen weerklink. Hy bied ‘n Bybels- geïnspireerde padkaart na bevryding.

Die boek bestaan uit 11 hoofstukke met ses interaktiewe werkboeke.

“God se genade is groter as enige vloek. Hierdie boek gaan nie net oor die breek van kettings nie – dit gaan daaroor om jou Godgegewe identiteit te herwin en ‘n geloofserfenis oor te dra wat toekomstige geslagte transformeer,” sê ds. Jeftha.

• Skakel ds. Jeftha by 082 606 5817 vir nog inligting.

Eerwaarde Anthony Jacobs se outobiografie, Voetspore in die Sand van Tyd, is Sondag 11 Mei op sy 74ste verjaardag by die Bethesda AME kerk in Worcester bekend gestel.

Eerw. Jacobs is in Worcester gebore en getoë. Hy het in 1975 ‘n diploma in primêre onderwys verwerf en sy onderwysloopbaan by Victoria Park Primêr in Worcester begin. Hy het uiteindelik ook hier skoolhoof geword tot hy in 1978 geroepe gevoel het om tot die bediening toe te tree.

Volgens eerw. Jacobs handel sy boek oor die betekenis van sy lewe as skrywer sowel as die hoogtepunte uit sy loopbaan in die diens van gemeentes. Hy het gemeentes oor die Wes-Kaap heen bedien.

“Ná meer as 40 jaar in die diensveld van die Meester op verskillende terreine van die werk in die Kaapse en Bolandse jaarlikse konferensies, is ek geseënd om my reis as ‘n rond- reisende predikant af te sluit as die voorsittende ouderling van die Worcester-distrik,” sê eerw. Jacobs.

Ds. Abe Jeftha, se boek Sonde en Vloeke oor Generasies bied ‘n padkaart vir mense om hierdie uitdagings baas te raak. Foto’s: verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.