Twee mense dood toe trein bakkie tref

Twee mense is dood toe ‘n trein ‘n bakkie buite Worcester getref het.  Volgens ‘n ooggetuie op die toneel het die ongeluk Vrydagmiddag omstreeks 14:40 plaasgevind. Die ongeluk het in […]


Twee mense is dood toe ‘n trein ‘n bakkie buite Worcester getref het. 

Volgens ‘n ooggetuie op die toneel het die ongeluk Vrydagmiddag omstreeks 14:40 plaasgevind. Die ongeluk het in Orchard, tussen Worcester en De Doorns, plaasgevind.

treinongeluk hexvallei
Die liggame van die twee slagoffers lê langs die bakkie wat deur ‘n trein by Orchard buite Worcester getref is.

“Dit het baie vinnig gebeur. Dit wou voorkom die bakkie se bestuurder het gedink hy gaan dit oor die spooroorgang maak, maar toe maak hy dit nie,” het die ooggetuie aan Standard vertel.

Die ooggetuie sê hy het voor sy huis gesit toe die gebeure plaasvind. “Die bakkie het gevrek, toe kom die trein. Toe ek net sien tol die bakkie dat hy nou daar lê.”

Volgens die ooggetuie was daar altesaam ses persone in en agterop die bakkie, die bestuurder ingesluit. “Die bestuurder is geskok, hy sit nou daar in die ambulans. Twee is dood, en drie het van die bakkie afgespring.”

‘n Nuuskierige skare het op die toneel saamgedrom.  Nooddienste is steeds op die toneel om op te ruim.

Nooddienste op die toneel. Foto’s: Brümilda Swartbooi

You need to be Logged In to leave a comment.