Twee nuwe wonings in Fairy Glen Villas met goeie verhuring-potensiaal

Grondbeurs Eiendomsagente bied vandeesweek twee splinternuwe vrystellings in die gesogte Fairy Glen Villas aan.


Grondbeurs Eiendomsagente bied vandeesweek twee splinternuwe vrystellings in die gesogte Fairy Glen Villas aan.

Hierdie twee identiese eiendomme is langs mekaar geleë en bestaan elk uit ’n drieslaapkamerhuis met ’n ruim eenslaapkamerwoonstel asook enkelmotorhuis.

Elk van hierdie eiendomme bestaan uit die volgende:

Drie slaapkamers met ingeboude kaste. Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer met stort en die hoofbadkamer is toegerus met ’n bad.

Die gesellige oopplankombuis en eet-en-sitkamer bied gerieflike vloei met patiodeur na buite.

Die motorhuis het ’n elektroniese deur vir gerief en gee direkte toegang tot die huis. Die eiendom is omhein met ’n privaat tuinarea.

Elk van hierdie eiendomme kan ’n gemiddelde huurinkomste van R9 800 genereer. Hierdie woning word eksklusief bemark deur Grondbeurs Eiendomsagente.

Vir besigtiging bel vir Stefanie by 079 697 8768 of die kantoor by 0023 342 7890.

You need to be Logged In to leave a comment.