Reddinsgwerkers op die toneel waar twee trokke tussen Worcester en Robertson aan die brand geslaan het. Foto: Ismail’s Towing

Credit: SYSTEM

Die pad tussen Worcester en Robertson, die R60) is tans gesluit weens ’n ongeluk.

Volgens inligting vanaf die toneel verkry was het twee vragmotors in ’n kop-aan-kop botsing betrokke Mouwershoogte. Beide trokke het as gevolg van die botsing aan die brand geslaan. Volgens ’n ooggetuie op die toneel, het die trokke aan die brand geslaan terwyl die bestuurders nog in die onderskeie kajuite was. Daar was glo ook passasiers binne die trokke.

Dit is in hierdie stadium onbekend of enige een oorlede of ernstig beseer is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Standard E-Edition 15 January 2026
    Standard E-Edition 15 January 2026

Gift this article