Erfenisdag wat jaarliks op 24 September gehou word, erken en vier die kulturele rykdom van ons nasie en ons mense.
Suid-Afrikaners vier die dag deur die kulturele erfenis van die talle kulture waaruit die bevolking van Suid-Afrika bestaan, ??te onthou. Verskeie geleenthede word reg oor die land en selfs in die vallei aangebied om hierdie dag te herdenk.
Erfenis is die grondslag van alle gemeenskappe en ’n noodsaaklike bron van identiteit en kontinuïteit.
Aspekte van erfenis sluit in kulturele tradisie, mondelinge geskiedenis, opvoerings, rituele, geskiedkundige dae, vaardighede en tegnieke, inheemse kennisstelsel en ’n holistiese benadering tot die natuur, samelewing en sosiale verhoudings.
In Suid-Afrika word die term “ontasbare kulturele erfenis” in samewerking met die term “lewende erfenis” gebruik.
Lewende erfenis speel ’n belangrike rol in die bevordering van kulturele diversiteit, sosiale kohesie, versoening, vrede en ekonomiese ontwikkeling.
In elke gemeenskap is daar lewende, menslike skatte wat oor ’n hoë mate van kennis, vaardighede en geskiedenis beskik wat betrekking het op verskillende aspekte van ons diverse lewende erfenis. Dit is dus belangrik vir Suid-Afrikaners om hierdie verskeie aspekte van lewende erfenis te herwin en te bewaar om die gebruik van lewende erfenis te versnel om uitdagings waardeur gemeenskappe vandag in die gesig gestaar word, aan te spreek.
Braaidag word ook op hierdie dag gevier. ’n Aktiwiteit eie aan Suid-Afrika en een waaraan bykans elke persoon in die land al deelgeneem het.
Standard het by Valleiers gaan kers opsteek oor wat erfenis vir hulle beteken.


