‘n Video van groot bolle swart rook wat uit die wrakke van twee vragmotors borrel wat in ‘n botsing tussen Worcester en Robertson betrokke was, het verlede week Vrydag (13 April) soos ‘n veldbrand versprei. Plaaslike motorbestuurders het hul roetes aangepas en mense het hulp aangebied.
Die groot probleem: dit was ‘n ou video wat mense só op hol gejaag het. Die vals nuus van vragmotors wat brand is van ‘n voorval waaroor die Standard & Breederivier Gazette twee jaar gelede berig het.
Die verspreiding van vals nuus skep ‘n groot probleem.

WhatsApp het die volgende raad vir gebruikers. Boodskappe wat bo-aan aandui Forwarded, wys dat die boodskap oorspronklik van iemand anders af kom as die persoon wat dit aangestuur het. Wanneer daar ‘n dubbelpyl bo-aan is en dit sê Forwarded many times, kan ‘n mens weet die boodskap is al baie keer aangestuur. Gebruikers kan kontakte wat aanhoudend vals nuus versprei, blok deur die Report-opsie te kies.
WhatsApp raai mense aan om opspraakwekkende nuus te toets teen betroubare nuusbronne wat die feite nagaan. Wanneer die nuus deur ‘n paar sulke organisasies gedeel is, is die kans goed dat dit waar is. Stories wat te goed klink om waar te wees, is dikwels nie.
Wees ook versigtig vir boodskappe wat nie ‘n datum, plek of die bron daarvan aandui nie. Die digitale wêreld vereis van gebruikers om kop te hou.
You must be logged in to post a comment.