Die personeel van Pionierskool vir Siggestremdes het ’n groen-en-goud-dag gehou ter ondersteuning van die Springbokke se wedstryd teen die All Blacks op 16 September.
Die skool het op dié manier geld ingesamel om verhale wat op band vasgelê is na CD om te skakel.
Die skool beskik oor ’n groot voorraad bande wat vandag nie meer gebruik kan word nie. Hulle wil die verhale na CD’s omskakel sodat siggestremde leerders na die verhale kan luister.
Volgens die skool is geld altyd ’n probleem om sulke projekte aan te pak. Die skool het met hierdie projek ’n mooi bedrag ingesamel om ’n groot aantal bande na CD om te skakel.
Om na verhale te luister is ’n baie goeie metode om die leerders te leer “lees”, om ’n stokperdjie te beoefen, hulle verbeeldingswêreld te verbreed, liefde vir lees te bevorder, om positief besig te bly in hul vrye tyd en om hulle in aanraking te bring met die wêreld daar buite.
Die skool bedank ook die borge wat tot dié dag en die geldinsameling bygedra het.