Vars visprodukte en goeie diens

As jy by El Salvador Fisheries instap sal jy sonder twyfel van die streek se beste wegneemetes en vars visprodukte ontvang.


As jy by El Salvador Fisheries instap sal jy sonder twyfel van die streek se beste wegneemetes en vars visprodukte ontvang.

Die onderneming het ses jaar gelede hul deure in Durbanstraat, Worcester, geopen en strewe om die beste en vriendelikste diens aan hul kliënte te bied.

Hul dienslewering strek dwarsoor Worcester tot die omliggende dorpe.

“Ons bied goeie dienste aan. Ons winkel is altyd skoon en netjies, terwyl ons vir die gerief van ons kliënte ook kaartfasiliteite aanbied,” sê eienaar Maria da Luz.

Voorts bied hul ook ’n bestellingsdiens, waar klante hul kan bel om hul bestellings te plaas en die goedere sal ’n uur later gereed wees vir afhaal.

Ure: Maandag-Donderdag 09:00-19:00; Vrydag 09:00-20:00 en Saterdag 09:00-16:00.

Bel by 0 023 334 8396 of besoek hul Facebook-blad.

You need to be Logged In to leave a comment.