‘Vaselinetjie’-akteurs gesoek

Aspirant-aktrises kan nader staan om ’n oudisie te doen vir die hoofrol in die fliek Vaselinetjie. Die voorvervaardiging van die rolprent, gegrond op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek met dieselfde naam, is tans in volle swang.

Die rolprent volg die grootwordjare van Vaselinetjie (Helena) Bosman wat in ’n weeshuis beland omdat sy wit is, maar deur kleurling-grootouers grootgemaak is. Daar moet sy haar naïewe self verloor om haar eie oorlewing te verseker.

Dis wanneer Vaselinetjie verlief raak op Texan Kirby, ’n aantreklike en vurige kinderhuisseun, dat een van haar grootste uitdagings aangespreek word: die waarheid oor haar herkoms.

Die filmspan spring eersdaags weg met ’n nasionale soektog na die hoofakteurs om die karakters te vertolk, en nooi alle meisies van 7 tot 22 na die oudisies, asook seuns tussen 10 en 13, en 16 en 22 (wat lig van gelaat is en donker hare het).

Die Kaapstad-oudisies word 26 en 27 Februarie gehou.

Kontak die vervaardigers per e-pos vir meer inligting by vaselinetjiefilm@gmail.com, of like die film se Facebook-blad om op hoogte te bly van die jongste aankondigings by https://www.facebook.com/Vaselinetjie.

You need to be Logged In to leave a comment.