Pierre le Roux, ’n leerder aan die Hoërskool Montana, het uitgeblink by die prysuitdeling. Hy het ’n eerste prys in akademie vir gr. 12 gekry, is as die beste Afrikaanse redenaar vir gr. 11 en gr. 12 aangewys, is as die tennisspeler van die jaar aangewys en ook as die veelsydigste sport­man van die jaar én senior sportman van die jaar aangewys. Verder het hy ook met die prys as die veelsydigste matrikulant weggeloop. By hom is skoolhoof Dawie Diedericks. Foto: