Veiligheid eerste.
Dit was die tema vir die NGK Oefenskool se pretloopdag wat onlangs gehou is om bewusmaking van padveiligheid te skep. Die leerders het sowat 6 km aangedurf.
“Dit gaan oor bewusmaking van leerders in die skoolvakansie en hoe om paraat te wees,” sê die skoolhoof, Elbertha Williams.
Onderwysers het saam met die altesaam 845 leerders aan dié pretloop deelgeneem.
Pryse is aan leerders toegeken wat die meeste geld vir die pretloopdag ingesamel het.
Die geld sal aangewend word vir opvoedkundige doeleindes.


