Vermiste 2-jarige veilig, maar ‘swak, honger en dors’

Die pa van die vermiste Ava Vosloo (2) is verheug ná sy Woensdagmiddag gevind is, maar sy was ‘swak, honger en dors’. Ava was sedert verlede Vrydag vermis nadat haar ma haar by haar ouma se woonstel opgelaai het.


Die familie van die vermiste Ava Vosloo (2) is verheug ná sy gevind
is, hoewel sy volgens haar pa “swak, honger en dors” was.

Ava is Woensdagmiddag by haar ma se tante, Sanna Vosloo, se huis
gevind, het Denver van Wyk, Ava se pa, gesê.

“Sy is tussen ander kinders by Sanna se huis gevind. Sy is baie
swak, honger en dors. Baie dankie kaptein Morgan van Worcester- polisiekantoor
en Robertson-polisiekantoor dat julle my help soek het na my dogtertjie,” het hy
gesê.

Ava se ma, Adwina Vosloo, het haar na bewering Vrydagoggend by haar
ouma se huis by die Riverview-woonstelle opgelaai en nie weer teruggebring nie .
Ava is later as vermis by die polisie aangemeld.

Van Wyk het Dinsdag uit die Oos-Kaap na Worcester gery om self na
Ava te kom soek. Van Wyk en sy nuwe vrou het twee jaar gelede na die Oos-Kaap
verhuis en sorg sedert verlede jaar vir Ava.

Van Wyk het gehoor dat Ava vermoedelik in Robertson is. Hy en sy
vrou het vroeg Woensdagoggend Roberston toe gery om vas te stel of sy wel daar
is.

Hy sê hy is verlig nou dat Ava gevind is.

“Op die oomblik is ons baie emosioneel en verlig. Ons is moeg van
al die stres. Ons is bly ons kan nou huis toe gaan met Ava.”

You need to be Logged In to leave a comment.