‘n Baie groot verrassing het Laerskool Koo se tennisspelers getref. Die leerlinge, veral dié wat glad nie ’n raket het nie, het rakette, balle en sweetbandjies by die maatskappy Neopak gekry. Neopak is ’n bekende kartonvervaardigers wat diens lewer by die boere in die Koo.
Tennis is ’n sportsoort wat tot sy maksimum kan ontwikkel in die Koo omdat die skool so klein is en daar nie ’n span nodig is om te kan speel nie.
Alle leerders van graad 1 tot 7 kry tennisafrigting by Liesa Nieuwenhuis.
“Ons is trots op ons tennisleerlinge, want ons vaar goed teen die groot skole in die omgewing. Van die onderwysers by die hoërskool sê altyd dat al die Koo-kinders wat by hul inskryf, sonder uitsondering, tennis kan speel. Sommige goed, maar die ander kan hulself help!” sê die skool.