Goudini Brandblussers, waarvan Johan van Niekerk die alleeneienaar is, is in Maart 1993 gestig. Die onderneming is sedertdien SABS-geregistreer. Aanvanklik het die personeel bestaan uit twee lede en die vloot uit een voertuig. Tans bestaan die personeel uit ses senior SAQCC-geregistreerde tegnici, veertien junior tegnici, ’n bemarker, brandopleidingsinstrukteur en drie administratiewe beamptes. Die personeel verrig tans diens met nege voertuie.

Goudini Brandblussers diens brandblussers, brandkrane en watertolle uit goed toegeruste werkswinkel en voertuie. Alle nuwe tipe brandtoerusting kan aangekoop word.

Brandalarmstelsels word ook gediens en geïnstalleer deur hoogs opgeleide tegnici.

Die onderneming doen ook die galvaniese en PVC-pypwerk vir die installering van watertolle­, brandkrane en sprinkelstelsels.

Goudini Brandblussers vervaardig verskillende tipes brandsleepwaens en bakkie-eenhede, toegerus met pompe en brandplakkers, in ’n goed toegeruste werkswinkel. Hul kliënte is wyd verspreid en hulle bedien tans die hele Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap.

“Graag wil ons van hierdie geleentheid gebruik maak om ons lojale kliënte, groot en klein, te bedank vir hul getroue ondersteuning,” sê Johan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article