Versteekte juweel in Worcester se middedorp – slegs by PSD

Property Sell Direct (PSD) stel hierdie week ’n netjiese drieslaapkamerwoning bekend wat lekker sentraal in Worcester se middedorp geleë is.


Property Sell Direct (PSD) stel hierdie week ’n netjiese drieslaapkamerwoning bekend wat lekker sentraal in Worcester se middedorp geleë is.

Dit is selde dat ’n eiendom van hierdie gehalte in die gesogte Quénetsingel in die mark kom.

Hierdie woning met sy besonderse Kaapse boustyl, hoë gewels en soliede houtsolder, het ’n sonnige noord-aansig. Dit bied twee ruim leefareas, ’n aparte eetkamer en ’n goed ingerigte kombuis.

Die groot vensters verseker genoeg lig en lug. Die ruim oopplan-kantoor lei na ’n beskutte binnehof wat die ideale plek is vir rustige namiddagkuiers.

Die ruim hoofslaapkamer spog met ’n en suite-badkamer, ingeboude kaste en lugversorging, terwyl nog twee slaapkamers, elk met netjiese ingeboude kaste en dakwaaiers, koel somersdae verseker.

’n Enkel motorhuis, asook ’n enkel-afdak en ’n goedversorgde tuin rond hierdie prentjie af.

Die straat het sy eie sekuriteitshek en toegangsbeheer wat die veiligheid van jou mense en besittings verseker.

Hierdie eiendom is die perfekte kombinasie van die sekuriteit wat jy benodig en die leefstyl wat jy verdien. Benut dié geleentheid vandag nog!

Skakel PSD gerus by 072 388 1445 of stuur ’n e-pos na info@propertyselldirect.co.za indien jy hierdie juweel wil besigtig.

You need to be Logged In to leave a comment.