Hierdie ruim vierslaapkamerwoning in ’n gesogte straat in Van Riebeeckpark bied alles wat jou hart begeer.
Die moderne oopplan-kombuis met ingeboude stoof, genoegsame werkoppervlaktes, ’n aparte waskamer, spens en opwaskamer bied meer as genoeg ruimte vir die gesin wat lief is vir kosmaak, terwyl ’n netjiese eetkamer, asook oopplan-leefarea gehalte familietyd verseker.
Die hoofslaapkamer met sy groot ingeboude kaste, lugversorging en ’n netjiese en suite-badkamer is besonder ruim. Nog twee slaapkamers, ’n bykomende badkamer en ’n aparte studeerkamer verseker genoeg ruimte.
’n Afsonderlike eenslaapkamerwoonstel met en suite-badkamer kan maklik as ’n gaste-eenheid benut word, of dit kan uitverhuur word vir ’n addisionele inkomste.
Die ruim TV-kamer met ’n ingeboude kaggel en lugversorging waarborg koel somers en warm winters saam met die gesin.
Hierdie vertrek lei met skuifdeure na die buite-onthaalarea, asook die pragtige swembad en goed versorgde tuin.
’n Ruim braaikamer is apart van die hoofhuis geleë.
’n Motorhuis met bykomende onderdakparkering vir nog twee voertuie voorsien meer as genoeg plek vir die hele gesin, terwyl genoegsame sekuriteit vir jou en jou gesin gemoedsrus gee.
Hierdie huis bied alles wat ’n koper se hart begeer!
Maak seker jy benut die geleentheid om dié netjiese woning met ruim leefareas te besigtig. Skakel PSD vandag nog by 072 388 1445 of stuur ’n e-pos na info@propertyselldirect.co.za.
Ons wag om van jou te hoor!