André Viljoen, ’n leerder aan die Worcester Gimnasium, het in die Desembervakansie aan vier tennistoernooie deelgeneem. Viljoen het by die Eden Masters-toernooi as naaswenner uit die stryd getree. Hy en sy dubbelspelmaat het ook in die skoolvakansie goed saam vertoon by die Kaapse en Bolandse toernooie toe hulle ’n vierde plek verower het. Viljoen is tans 16de in die land en hy en sy dubbelspelmaat is 13de op die ranglys.Foto: