’n Onafhanklike maatskappy, Boland Private Vehicle Finance, is ook gevestig op die perseel van Nortier Motors by Hoogstraat 58. Hulle bied toegang tot ’n verskeidenheid finansieringsopsies en -produkte en laat die proses seepglad namens die kliënt verloop.
Boland Private Vehicle Finance, in die bekwame hande van Stefan Venter, bied voertuigfinansiering deur geakkrediteerde finansierders, ’n kredietwaardigheidstoets en finansiering van transaksies tussen privaat individue.
Dié proses kan omslagtig wees, maar met 20 jaar se ondervinding in die voorbereiding van finansieringsaansoeke en die gepaardgaande dokumentasie, haal BPVF ’n groot las van potensiële kopers se skouers af.
Inspeksie van die voertuig word namens die kliënt gereël en ter wille van gemoedsrus word dit nagegaan as onbeswaar.
Oordrag van eienaarskap word ook namens die kliënt gedoen, asook alle administrasie namens die koper en die verkoper.
Natuurlik is daar voordele vir die verkoper ook.
Die transaksie geskied in ’n veilige omgewing waar transaksies geëvalueer en nagegaan kan word, die betaling word namens die verkoper gereël sodat sy of haar kontanvloei nie onder druk kom nie en kliënte word deurentyd op hoogte gehou van hoe die verkoop van hul voertuig vorder.
Kortliks, Boland Private Vehicle Finance administreer die hele proses vir die koper én verkoper se gemoedsrus en gerief.
Wat finansier Boland Private Vehicle Finance?
- Motors, bakkies en sportnutsvoertuie (SUV’s).
- Vragmotors, voorhakers en sleepwaens.
- Motorfietse, vierwielmotorfietse en soortgelyke items.
- Woonwaens, sleepwaens en bote.
- Landbou- en grondverskuiwingstoerusting.
Voertuie van tot 20 jaar kan gefinansier word, maar terme en voorwaardes geld.
Die finansieringsproses begin, soos by enige ander instansie, met ’n aansoek deur die kliënt. Boland Private Vehicle Finance dien dan die aansoek namens die koper by finansiële instellings in vir keuring.
Indien die aansoek goedgekeur word, sal die bekwame span van BPVF oorneem vir alle ondersoeke en dokumentasie om die wetlike aspekte van die transaksie te verseker.
Kontak gerus vir Boland Private Vehicle Finance vir voertuigfinansiering en ’n kooptransaksie sonder moeite, by 023 347 6740 of stefan@bpvfinance.co.za.