Die Worcester-Vryburger-omgeemense het vanjaar weer deel gehad aan hul organisasie se nasionale Tamaaibraai-projek, waar hulle vleis vir bejaardes van die tehuise Nuwerus, Stilwaters, Huis Andries Hamman en Huis Brevis gebraai en hulle die geleentheid gebied het om heerlik daaraan te smul en sommer gesellig saam te kuier.
Die eerste Tamaaibraai is in 2017 aangebied. Vanjaar het die meeste Vryburgers-korpse op 9 April oor die land heen elk vir ouetehuise of soortgelyke inrigtings in hul onderskeie omgewings gebraai.
By van die onderskeie geleenthede was selfs ’n sanger of storieverteller om die oues te boei, en natuurlik ook braaivleis.
Tot nou het die Vryburgers al vir bykans 14 000 bejaardes gebraai.
Die Tamaaibraai is ’n groot gedoente. Ongeveer 200 Vryburgers en omtrent net soveel helpers het vir die bejaardes in 23 verskillende tehuise gebraai.
Verder is tot dusver van 2017 af: . Sewe ton hout en houtskool in braaivure gebruik; en. 25 000 porsies tjops, wors en hoender is voorgesit – altesaam 2,5 ton.
Vir 2022 se Tamaaibraai het die getalle as volg gelyk:. 2 700 bejaardes by 23 verskillende instansies is bederf;. 190 kg skaap- en varktjops is oor die kole gebraai, sowel as:. 230 kg wors;. 130 kg hoendersosaties; en. 107 kg hoenderporsies, en. 50 kg skaappotjies is gemaak en. ongeveer 700 liter drinkgoed is voorsien.
Die onderskeie tehuise dis gewoonlik self bykosse op.